Posts Tagged

VeranderDinge

Amore gesels met oud-Springbok Chester Williams oor die uitstaan-oomblikke in sy loopbaan, hoe hy die bynaam black bullet gekry het en wat hy sedertdien gedoen het. Dan vind Eloise uit hoe internasionale uitruilskemas vir skoolleerlinge werk, en ontmoet die heldhaftige veldwagters en spoorsnyhonde wat saamwerk om renosterstropery te bekamp. Sport

Dan kyk ons na nuwe tendense in die moderne werkplek en ontmoet vir Julia Albu, die springlewendige 80-jarige ouma wat Afrika platreis in haar Conquest.

Ons ontmoet die bekroonde akteur en musikant Frank Opperman, wat ons destyds op Orkney Snork Nie laat skaterlag het terwyl hy diep in ons harte ingekruip het.

Ons vertoef in die geselskap van Suid-Afrika se eerste supermodel, Josie Borain, en kyk terug oor haar loopbaan in die mode-wêreld. Sy gesels ook oor haar nuwe lewe as fotograaf en ma van drie kinders.  

Amore lê lag-lag besoek af by komediant en televisie-persoonlikheid, Jason Goliath.

Verslaggewer Jacques Pauw se omstrede boek oor staatskaping het rekordverkope behaal. VeranderDinge en Amore gaan vind meer uit oor die man agter die koerantopskrifte.  

PJ Powers, oftewel “Thandeka”, is een van Suid-Afrika se mees geliefde sangstemme en in dié aflewering van VeranderDinge leer Amore haar van nader ken.

Amore gesels met sopraan, Lynelle Kenned, oor haar opera-beroep en die diep spore wat sy deesdae in die vermaaklikheidswêreld trap. Eloise gaan loer in by Knysna se olifant-fluisteraar

Amore vind uit waar die saadjie geplant is vir aktrise Lizz Meiring se diep liefde vir die kunste, en hoe sy vir haarself werk geskep het. Eloise gesels dan met paartjies van verskillende kulture en rasse oor die uitdagings in hul verhoudings, en besoek dan ’n perdeterapiesentrum vir gestremde kinders.

Die akteur Zane Meas vertel hoe sy pa se dood sy grootwordjare gevorm het en hoekom hy mans aanmoedig om teenwoordig te wees in hul kinders se lewens. Dan kyk ons hoe robotte en die internet gesondheid beïnvloed, en leer meer oor die verlore stad wat onder Johannesburg ontdek is.