Kom kuier saam Amore Bekker en Eloise Cupido wat gaan gesels met van ons land se bekendste, interessantste én gewone mense wat buitengewone dinge doen. Ons gaste het elkeen inspirerende stories om met ons te deel oor die groot skuiwe wat hulle in hul lewens gemaak het, of besig is om te maak. Vooruitgang gebeur immers nie sonder verandering nie – en dis waar VeranderDinge in die prentjie kom! Ruda en Kim gaan kyk na baie dinge. Interessante dinge. Skrikwekkende dinge. Opwindende dinge. Hartseer dinge. Snaakse dinge. En soos hulle dίt doen, gaan kykers saam met hulle uitvind wat mense inspireer om van koers te verander. Wat motiveer dié mense om deur te druk wanneer teëspoed oor hul pad kom? En wat is die daaglikse uitdagings wat hulle in die gesig staar? VeranderDinge bestaan uit ’n wye verskeidenheid onderhoude, wenke en avonture wat kykers gaan vermaak en inspireer om anders te begin dink oor dinge soos loopbane, finansies, persoonlike ontwikkeling, verhoudings, families, huishoudings, gesondheid en voorkoms. Moenie die praktiese wenke en tonne vermaak in VeranderDinge misloop nie – dit mag dalk net die saadjie plant wat jy nodig het om ’n nuwe blaadjie om te slaan! Die nuwe seisoen van VeranderDinge skop op Donderdag, 3 Januarie om 18:00 af op kykNET – moenie dit misloop nie!