Seisoen 4: Episode 1

verander-dinge-2016-foto-nardus-engelbrecht29

Ruda Landman

Ruda het ‘n bekende gesig op televisie geword as mede-aanbieder van Carte Blanche, en meer onlangs in die eerste drie seisoene van VeranderDinge. In hierdie episode van VeranderDinge skuif Ruda in die kuiergas-stoel in, met ons nuwe aanbieder Amore Bekker wat met Ruda oor die groot draaipunte in haar lewe te gesels.

 

Seisoen 4: Episode 2

IlseKlink

Ilse Klink

Die aktrise Ilse Klink het haar groot deurbraak in die sepie Isidingo gemaak, en is sedertdien ‘n algemene gesig in die kassie en op die verhoog. In hierdie episode gesels Amore met Ilse oor haar grootwordjare in die Kaap, die pad na sukses, enkelmoederskap en haar toekomsplanne.

 

Seisoen 4: Episode 3

62202_475491800782_2699609_n

Koos Kombuis

Koos het hom sedert die 1980s as musikant, liedjieskrywer en skrywer gevestig toe hy as lid van die Voëlvrybeweging begin naam maak het. Sy lewenspad het wel nie seepglad geloop nie, en hy het deur die jare verskeie struikelblokke soos dwelmverslawing, en meer onlangs skrywersblok, oorkom. In hierdie episode het Amore met hom gesels oor sy lewe op die verhoog en – deesdae – as gesinsman in suburbia.

 

 

Seisoen 4: Episode 4

Benni2

Benni McCarthy

Benni het diep spore in die sokkerwêreld getrap sedert hy as tiener in Seven Stars begin naam maak en deur Ajax gewerf is. Hy is Bafana Bafana se top-doelskopper met 31 doele op sy kerfstok. Hy is tans hoofafrigter van Cape Town City

 

Seisoen 4: Episode 5

Mynie

Mynie Grové

Mynie se musiekloopbaan strek oor 40 jaar sedert sy as lid van die Claude Larson sangers in die 1970s begin opgang maak het. In die 1980s het sy groot naam as solo-kunstenaar gemaak, en in die 1990s het sy uit die kalklig verdwyn na die tragiese dood van haar man Chippi. Sy het agter die skerms as musiekvervaardiger bedrywig gebly en lewer steeds ‘n groot bydrae tot die ontwikkeling van plaaslike talent.

 

Seisoen 4: Episode 6

JackParow

Zander Tyler (Jack Parow)

Zander se loopbaan as Afrikaanse rapper het die hoogte ingeskiet met sy debuut-treffer Cooler As Ekke. Baie mense het gedink hy gaan net 15 minute van roem geniet, maar sy loopbaan  gaan van krag tot krag en hy werk met ‘n diverse verskeidenheid kunstenaars, wat wissel van Valiant Swart, Nonku tot Die Antwoord.

 

Seisoen 4: Episode 7

Rolene1

Rolene Strauss

Rolene het so-te-sê volksbesit geword nadat sy in 2014 as Mej. Wêreld gekroon is. Maar dis nie net haar skoonheid wat asems wegslaan nie – sy het na haar jaar as die mooiste vrou in die wêreld getrou met haar geliefde D’Niel, met ‘n gesin begin en boonop nog haar mediese studies voltooi.

 

Seisoen 4: Episode 8

David_Kramer2

David Kramer

David Kramer is al byna 40 jaar ‘n groot naam in die plaaslike musiekbedryf. Hy het eers sy merk gemaak met sy kenmerkende storievertelling in sy Afrikaanse musiek, en later met die musiekblyspele wat hy met wyle Taliep Petersen geskryf en vervaardig het. Van die hoogtepunte sluit in District Six, Ghoema en Kat and the Kings, wat ook in Londen se West End en New York se Broadway opgevoer is.