WhatsApp Image 2018-12-05 at 21.40.38

Amore gesels met oud-Springbok Chester Williams oor die uitstaan-oomblikke in sy loopbaan, hoe hy die bynaam black bullet gekry het en wat hy sedertdien gedoen het. Dan vind Eloise uit hoe internasionale uitruilskemas vir skoolleerlinge werk, en ontmoet die heldhaftige veldwagters en spoorsnyhonde wat saamwerk om renosterstropery te bekamp. Sport
VDS06E12-Lizz-Meiring _Clip_003

Amore vind uit waar die saadjie geplant is vir aktrise Lizz Meiring se diep liefde vir die kunste, en hoe sy vir haarself werk geskep het. Eloise gesels dan met paartjies van verskillende kulture en rasse oor die uitdagings in hul verhoudings, en besoek dan ’n perdeterapiesentrum vir gestremde kinders.
VDS06E11-Zane-Meas_Clip_001

Die akteur Zane Meas vertel hoe sy pa se dood sy grootwordjare gevorm het en hoekom hy mans aanmoedig om teenwoordig te wees in hul kinders se lewens. Dan kyk ons hoe robotte en die internet gesondheid beïnvloed, en leer meer oor die verlore stad wat onder Johannesburg ontdek is.
VDS06E10-Marianne-Thamm_Clip_003

As Portugees-Duitse immigrant het die joernalis Marianne Thamm soos ’n buitestander gevoel, maar dís wat haar oë oopgemaak het vir die waarhede en wreedhede in die land. Ons leer hoe om die vrede te bewaar as jy met iemand ’n huis deel, en besoek ’n aasvoëlrehabilitasiesentrum in die Magaliesberge. Ons
VDS06E09-Gareth-Cliff_Thumb_001

Radio-omroeper Gareth Cliff gesels oor sy soms-omstrede loopbaan, die baanbreker-radiostasie wat hy begin het en watse geleenthede hy dink vir Suid-Afrikaners beskikbaar is. Ons vind uit hoe werkgewers na jong werknemers kan omsien, en gesels met ’n 80-jarige ouma wat Afrika in haar Toyota Conquest platgereis het. Ons gesels met
VDS06E08-Frank-Opperman_Clip_003

Van TV tot teater en stemmig tot skreeusnaaks, Frank Opperman is een van SA se gewildste akteurs. Hy gesels oor alles van sy veelsydige loopbaan tot sy familielewe. Kenners vertel hoe om die oorgang te maak wanneer jy jou ouers moet begin versorg, en ons kyk hoe werk spanbou-ontsnappingspeletjies. Ons

 

>> Seisoen 6 Episodes

>> Seisoen 5 Episodes

>> Seisoen 4 Episodes

>> Seisoen 3 Episodes

>> Seisoen 2 Episodes

>> Seisoen 1 Episodes