Posts In Category

Episodes S6

WhatsApp Image 2018-12-05 at 21.40.38

Amore gesels met oud-Springbok Chester Williams oor die uitstaan-oomblikke in sy loopbaan, hoe hy die bynaam black bullet gekry het en wat hy sedertdien gedoen het. Dan vind Eloise uit hoe internasionale uitruilskemas vir skoolleerlinge werk, en ontmoet die heldhaftige veldwagters en spoorsnyhonde wat saamwerk om renosterstropery te bekamp. Sport
VDS06E12-Lizz-Meiring _Clip_003

Amore vind uit waar die saadjie geplant is vir aktrise Lizz Meiring se diep liefde vir die kunste, en hoe sy vir haarself werk geskep het. Eloise gesels dan met paartjies van verskillende kulture en rasse oor die uitdagings in hul verhoudings, en besoek dan ’n perdeterapiesentrum vir gestremde kinders.
VDS06E11-Zane-Meas_Clip_001

Die akteur Zane Meas vertel hoe sy pa se dood sy grootwordjare gevorm het en hoekom hy mans aanmoedig om teenwoordig te wees in hul kinders se lewens. Dan kyk ons hoe robotte en die internet gesondheid beïnvloed, en leer meer oor die verlore stad wat onder Johannesburg ontdek is.
VDS06E10-Marianne-Thamm_Clip_003

As Portugees-Duitse immigrant het die joernalis Marianne Thamm soos ’n buitestander gevoel, maar dís wat haar oë oopgemaak het vir die waarhede en wreedhede in die land. Ons leer hoe om die vrede te bewaar as jy met iemand ’n huis deel, en besoek ’n aasvoëlrehabilitasiesentrum in die Magaliesberge. Ons
VDS06E09-Gareth-Cliff_Thumb_001

Radio-omroeper Gareth Cliff gesels oor sy soms-omstrede loopbaan, die baanbreker-radiostasie wat hy begin het en watse geleenthede hy dink vir Suid-Afrikaners beskikbaar is. Ons vind uit hoe werkgewers na jong werknemers kan omsien, en gesels met ’n 80-jarige ouma wat Afrika in haar Toyota Conquest platgereis het. Ons gesels met
VDS06E08-Frank-Opperman_Clip_003

Van TV tot teater en stemmig tot skreeusnaaks, Frank Opperman is een van SA se gewildste akteurs. Hy gesels oor alles van sy veelsydige loopbaan tot sy familielewe. Kenners vertel hoe om die oorgang te maak wanneer jy jou ouers moet begin versorg, en ons kyk hoe werk spanbou-ontsnappingspeletjies. Ons
VDS06E07_Redi-Tlhabi_Thumb2

Radio-omroeper en joernalis Redi Tlhabi gesels oor moederskap, die wêreld se magtige boelies, en hoe ons dinge in Suid-Afrika kan verander. Ons vind uit hoe skarefinansiering werk, en ontmoet die Suid-Afrikaners wat dalk een dag op Mars sal gaan woon om ’n nuwe tuiste vir die mensdom te skep. Hoe
WhatsApp Image 2018-12-05 at 21.40.54

Die Suid-Afrikaanse model Josie Borain was op haar dag saam met groot name soos Cindy Crawford op die loopplanke. Vandag is sy ’n ma en fotograaf en gesels oor dié gedaanteverwisseling. Ons kry wenke vir mense in langafstandverhoudings en ontmoet die vroue wat deesdae SA se skaatsplankparke oorneem. Josie Borain:
IMG_0645

Amore ontmoet Jason Goliath, wie vandag een van die land se suksesvolste komediante is ná hy sy lewe en selfbeeld omgedraai het. Kenners ontleed die nuwe daggawet en vertel oor die voor- en nadele van dié plant, en ons ontmoet ’n vindingryke kunstenaar wat beeldhouwerke van herwinde plakkies maak. Jason
IMG_0888

Die joernalis Jacques Pauw vertel van die misterieuse oproep wat sou veroorsaak dat hy sy bekende boek The President’s Keepers skryf, en hoekom hy nie SA wil verlaat nie. Hoekom is waardes so nodig, en hoe kan jy jou kind daaroor leer? Besoek saam die College of Magic vir towerkuns.