Home»Episodes S6»EPISODE 11: ZANE MEAS, NUWE GESONDHEIDSTEGNOLOGIE, ’N VERLORE STAD ONDER JOHANNESBURG

EPISODE 11: ZANE MEAS, NUWE GESONDHEIDSTEGNOLOGIE, ’N VERLORE STAD ONDER JOHANNESBURG

0
Shares
Pinterest Google+

Die akteur Zane Meas vertel hoe sy pa se dood sy grootwordjare gevorm het en hoekom hy mans aanmoedig om teenwoordig te wees in hul kinders se lewens. Dan kyk ons hoe robotte en die internet gesondheid beïnvloed, en leer meer oor die verlore stad wat onder Johannesburg ontdek is.

Akteur Zane Meas maak sy hart oop oor vaderskap en die liefde. Dan kyk ons na die nuutste gesondheidstegnologie en vind uit hoe ’n verlore stad onder Johannesburg gelyk het.

Wat verkies Zane Meas – teater of televisie?

Zane Meas onthou hoe sy lewe verander het toe hy sy pa verloor het.

Ons land het weer ’n pa nodig, nie ’n politikus nie, sê Zane Meas.

Robot-chirurgie beteken operasies sal dalk eersdaags oor die internet gedoen kan word.

Die lasertegnologie wat ’n verlore stad onder Johannesburg ontsluier het.